Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Misdaad in dorp kommerwekkend

Die vlaag van misdaad die afgelope twee weke in Kroonstad is kommerwekkend.

In net minder as twee weke het drie bejaarde inwoners deel van die grusame misdaadstatistiek geword.

Kroonstadters was geskok oor ’n gru-moord wat helder oordag gepleeg is, waarna ’n bejaarde egpaar skaars ’n week later deur gewapende rowers oorval is.

Die egpaar is vir net ’n paar stukkies juwele en bietjie kontant verniel.

Boosdoeners wat vrylik in woonbuurte rondbeweeg, laat inwoners benoud.

Nadat verskeie inwoners dié week alarm gemaak het nadat hulle mense in hul erwe gesien het, is sakke met messe, klapmusse, handskoene en skroewedraaiers in verskeie erwe gevind.

Dit maan inwoners om uiters versigtig te wees en altyd paraat op te tree.

Hou jou buurt en omgewing fyn dop vir enigiets ongewoon of vir vreemde mense wat in jou buurt rondbeweeg.

Ken jou bure en hul bewegings sodat julle mekaar kan help en bystaan wanneer iemand in gevaar verkeer.

Verseker jou eie veiligheid deur altyd op jou hoede te wees.

Dit is ook belangrik vir inwoners om dadelik die polisie, buurtwag of ander owerhede te kontak indien hulle voel iets is nie pluis nie. Noodnommers moet altyd byderhand gehou word.

Deur paraat te wees kan elke inwoner ’n positiewe bydrae maak om misdaad te help bekamp.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.