Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Misnoeë raak sigbaar

Inwoners van Matlwangtlwang by Steynsrus maak hul ontevredenheid oor dienslewering en die aanstelling van amptenare deur onrus in dié dorp sigbaar.

Vrydag (29/06) het betogers in die vroeë oggendure die stadsaal en ’n kantoor van die Moqhaka-munisipaliteit met petrolbomme bestook.

Motoriste, wat op die provinsiale pad verby die dorp gery het, is ook na bewering deur betogers met klippe gegooi en geteister, het inwoners van die dorp vertel.

Die polisiewoordvoerder, kapt. Stephen Thakeng, het oor die afgelope naweek bevestig dat die situasie in die township rustiger is en dat polisiebeamptes van die openbare orde-afdeling patrollies en sigbare polisiëring in die dorp handhaaf.

Vroeër verlede week het ontevrede inwoners van Matlwangtlwang daarop aangedring om die uitvoerende burgemeester, Tshidi Koloi, oor die aanstelling van tien amptenare by die munisipaliteit te spreek. Koloi het glo nie opgedaag nie en dít het blykbaar protesaksies aangevuur.

Dika Kheswa, munisipale woordvoerder, sê dit is onaanvaarbaar dat inwoners die eiendom van die munisipaliteit beskadig.

“Dieselfde eiendom wat die gemeenskap moet bedien, word afgebrand. Ons beskou dit as ’n misdaad,” sê Kheswa.

Hy sê die munisipaliteit het 11 mense wat geregistreerde armlastiges is as tydelike werkers aangestel. Ná samesprekings is besluit om hulle permanent aan te stel. Twee van die 11 werkers is by Steynsrus en die township aangestel.

Betreffende dienslewering sê Kheswa die inwoners is bewus van die hoofwatervoorsieningsbron wat tans herstel word en inwoners kan na ’n verbeterde stelsel uitsien.

Altesaam 605 erwe is aan begunstigdes in Matlwantlwang gegee.

“Minder as 100 van dié mense het die erwe in gebruik geneem,” sê Kheswa.

Kheswa sê ontevrede inwoners moet die regte kanale volg om probleme aan te spreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.