Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Moenie jul lewe daar waag nie’

Erika, Vanderbijlpark:

Die Netcare Kroon-hospitaal dra beslis die kroon.

Ons was onlangs genoodsaak om ná die siekte en afsterwe van ’n geliefde van die Netcare Kroon-hospitaal se dienste gebruik te maak, en ons kan net met lof getuig dat die diens wat ons daar ontvang het, puik was.

Baie dankie aan elke personeellid vir die puik diens.

Die hospitaal was skoon en netjies; die personeel vriendelik, hulpvaardig, betrokke en teenwoordig.

Ek kan egter nie stilbly oor die swak diens wat ons vroeër by die Boitumelo-hospitaal in Kroonstad ontvang het nie

Dit is ’n nuutgeboude hospitaal, geklassi­fiseer as ’n streekshospitaal van die Vrystaat, maar wat is die nut van so ’n duur gebou as die diens pateties is?

Ons het onlangs die volgende daar beleef:

’n Pensioentrekker (70 jaar of ouer) het op ’n Saterdag ’n ernstige beroerte by sy huis gehad.

Hy is per ambulans na die Boitumelo-hospitaal vervoer.

Hy het byna ses uur lank in die ongevalle-afdeling gelê sonder enige hulp en is daarna in ’n ortopediese saal, met slegs ’n suurstofmasker, geplaas.

Ná ure se soebat is die familie meegedeel dat daar nie naweke ’n dokter by dié hospitaal beskikbaar is nie.

’n Opleidingsdokter het eindelik ’n draai gemaak en dié het aan die familie gesê hy weet nie wat die pasiënt makeer nie omdat die pasiënt nie met hom wil praat nie.

Die pasiënt is toe op versoek van familie en op eie koste na ’n private hospitaal verskuif.

Die personeel aan diens by die Boitumelo-hospitaal was traag, slaperig, arrogant en besig met hul eie kuiertjies, en van veiligheid kan daar nie veel gesê word nie.

Ons kan nie ’n oorlede geliefde se lewe terugbring nie.

Moenie jul lewe daar waag nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.