Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Moenie moed opgee nie

Duisende motorfietsryers kom van Vrydag (07/12) tot Sondag (09/12) vir die jaarlikse Poison-motorfietssaamtrek in Kroonstad byeen.

Elke sent wat van buite die dorp hier bestee word, is op die vooraand van Kersfees noodsaaklik vir die ekonomie.

As jy motorfietsryers raakloop, heet hulle welkom in ons dorp. Al is daar lelike paaie, swak dienslewering en ’n kwynende ekonomie, sal besoekers ’n vriendelike gesig onthou.

Wat swak dienslewering betref, is dit hartseer om van die behuisingsprobleme en armoede van Koekoe Village te verneem.

Dit bly ’n groot kopseer om terugvoer van die Moqhaka-munisipaliteit oor probleme in Kroonstad te kry. Dit herinner aan die spotprent van die drie apies wat niks sien, hoor of sê nie.

Inwoners moenie moed opgee en apaties raak nie. Hou aan om munisipale foute aan te meld. Iewers moet die wekroep van ’n vuisvoos-gemeenskap gehoor word. Dít, lesers, kan net by die stembus gedoen word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.