Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Motorfietsman sterf aan hartaanval

’n Bekende in motorfietskringe is onlangs oorlede.

James Dennis (65) het op Maandag 20 Julie aan ’n hartaanval gesterf.

Hoewel hy in 1969 saam met sy gesin na Kroonstad verhuis het, is hy gebore, en het hy grootgeword, in Patterson in die Oos-Kaap.

Dennis het sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Kroonstad voltooi en het hom in 1984 by die SAPD aangesluit.

In dieselfde jaar is hy met Marlien (née Lubbe) getroud.

In 1986 het hy by die polisie se honde-eenheid begin werk en diens gedoen tot 1998, toe hy hom by die misdaadvoorkomingseenheid in Kroonstad aangesluit het. Hier is hy tot kaptein bevorder.

Van 2003 tot en met sy aftrede in 2014 was hy by die sigbare­polisiëringseenheid van Kroonstad betrokke.

Dennis was gaande oor hengel en motorfietsry.

Hy was vir jare by die polisie se hengelklub betrokke en was ook spanbestuurder van die polisie se Vrystaatse varswaterhengelspan.

Dié span het tien jaar agtereenvolgens goud in die nasionale SAPD-hengelkompetisie verwerf.

Dennis was in 2006 en 2007 die spanbestuurder van die nasionale SAPD-hengelspan en was ’n beampte vir die nasionale varswater-hengelklub.

Sedert 1978 was hy ’n lid van die Foreigner-motorfietsklub in Kroonstad. Hy was ook ’n stigterslid.

Sy gedenkdiens is Vrydag (24/07) in die Kroonstad-selkerk deur past. Brett England gelei.

Omdat bywoning van die diens weens streng Covid-19-regulasies tot 50 mense beperk was, kon motorfietsryers met ’n deurry-geleentheid hul laaste eer aan Dennis betoon.

Hy word oorleef deur Marlien; ’n seun James en sy vrou, Annalize, en hul drie kinders, WJ, Jo-Ann en Marcel; Dennis se jongste seun, Duncan-Lee, en sy verloofde, Ruletia le Roux; asook Ramona England en haar twee kinders, Martin en Christi-Mari.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.