Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Myn sluit

Die Voorspoed-diamantmyn naby Kroonstad gaan sluit.

Dié besluit is geneem nadat ’n volledige en deur­sigtige proses gevolg is om die myn te verkoop; ’n geskikte koper kon egter nie gekry word nie, het die maatskappy Dinsdag (31/07) in ’n ver­klaring bekend gemaak.

Phillip Barton, uitvoerende hoof van De Beers Consolidated Mines (DBCM), ’n filiaal van De Beers, sê hul voorkeursaak tydens die verkoopproses was om die veiligheid en welstand van hul werknemers te verseker.

“Ons wou seker wees dat enige potensiële toekoms­tige operateur nie net die nodige tegniese en finansiële vermoë het nie, maar ook waardes wat met dié van DBCM ooreenstem,” sê Barton.

Hulle kon nie ’n bieër kry wat aan al die vereistes voldoen nie en het “teen­sinnig besluit om die myn op ’n verantwoorde­like manier te sluit omdat dit nie meer ekonomies lewens­vatbaar is nie.”

Die myn se lewensverwagting was sowat tien jaar toe dit in 2008 begin is.

Die departement van minerale bronne het gevra dat daar gekyk word of daar nie ’n maatskappy gevind kan word om die myn te bedryf nie.

“DBCM is nie gekant teen die departement se versoek om in die 30 dae van 1 Augustus af ’n proses te begin om ’n moontlike operateur vir die myn te vind nie,” is die maatskappy se reaksie hierop.

Elvira Wood

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.