Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
’n Oomblik in foto’s

Die mooi in die natuur, God se skeppingswerk, trek elke dag sy aandag.

Só sê Willie van Jaarsveld (41), ’n onderwyser van Steynsrus.

“Ek is mal oor ’n sonsopkoms en sonsondergang, maar sal enigiets wat mooi is, enigiets wat my oog vang, afneem.”

Sedert sy kleintyd stel hy in fotografie belang, en as laaitie het hy graag met die ou mik-en-druk-kameras eksperimenteer. Jare later is fotografie steeds sy stokperdjie, en hy geniet dit veral geraak en hy is mal daaroor om natuurfoto’s te neem.

Hy neem graag foto’s met sy digitale kamera, maar is ook al gesout in selfoonfotografie.

“Ek was aangenaam verras met die gehalte van die foto’s wat ek met my selfoon kon neem,” sê Willie.

“Nou neem ek die meeste van my foto’s met ’n selfoon.”.t, daarom is die meeste van my foto’s met my selfoon geneem

Tog wil hy graag stewige en groot lense vir sy digitale kamera aanskaf sodat hy nog mooier foto’s kan neem. met die hoop om daarmee beter en mooier foto’s te verewig.

“Dit is egter ’n baie duur storie,” sê hy.

Die gogga het hom in 2011 behoorlik gebyt, toe hy in Bloemfontein gewoon en gewerk het. Daar het hy by die Bloemfontein-fotografieklub aangesluit en sedertdien neem hy die mooiste foto’s om sy vaardighede te slyp.

“Toe ek na Steynsrus verhuis, het ek by Kroonstad se fotografieklub aangesluit. Ek was twee jaar lank ’n lid van dié klub.”

Sy grootste passie is egter sy werk as onderwyser, en sy bedrywige skedule maak dit soms moeilik om sy stokperdjie te beoefen.

Willie draf graag, en dit is juis wanneer hy soggens of saans gaan hardloop dat hy op die natuur se juwele afkom en dit met sy selfoon afneem.

die pad vat dat juis met oefensessies soggens of saans soggens of saans wat as hy bietjie gaan kop skoonmaak, dat hy op die juwele afkom wat hy sommer op sy selfoon vasvang.

  • Hy is al ses jaar lank ’n onderwyser van die Gekombineerde Skool Steynsrus. Hy gee Afrikaans (eerste addisionele taal) vir gr. 6- tot gr. 9-leerlinge, ekonomiese wetenskap vir gr. 7- en gr. 8-leerlinge en sosiale wetenskap vir gr. 6-leerlinge.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.