Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nataniël vier 30 j. se vonkel

Nataniël het rede om vanjaar groot te gaan. Hy vier 30 onvergeetlike jare op die verhoog met ’n landwye konserttoer wat eersdaags in Kroonstad begin.

Hy stel die produksie saam uit ou en nuwe tekste, asook liedjies van die afgelope drie dekades. Teen dié tyd weet sy aanhangers al jy lag jou ’n papie vir sy stories, wat hy in Afrikaans en Engels vertel, maar daar is ook vertellings wat jou bewoë laat.

Van die liedjies wat Nataniël tussendeur sy stories sing, het hy self geskryf en ander is kommersiële nommers.

Sy obsessie met uitspattige uitrustings onderskei hom van ander kunstenaars en tydens die konserttoer sal die jongste skeppings te sien wees, wat sy jare lange modeontwerper, Floris Louw, geprakseer het.

Dat Nataniël in die afgelope 30 jaar nie op sy louere gerus het nie, blyk uit sy 15 CD’s, 15 boeke, meer as 60 verhoogproduksies en meer tydskrifartikels as wat hy kan onthou.

Charl du Plessis, pianis en jazzdosent aan die Universiteit van Pretoria (UP), sal Nataniël op die klavier begelei. Du Plessis is ’n Vrystater wat aan Grey-kollege in Bloemfontein skoolgegaan en musiek aan die UP gestudeer het. Sy vaardigheid as jazzkunstenaar het hy in die buiteland geslyp en sedertdien het hy vir hom en sy trio ’n nis op die musiekkringloop uitgekerf. Hy behartig sy loopbaan saam met dié as permanente ­begeleier vir Nataniël reeds die afgelope 16 jaar.

Nataniël in konsert: 8 Februarie om 19:00 in die Kroonstadse stadskouburg. Kaartjies is beskikbaar by Rellings. Skakel 056-212-2101.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.