Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nog ’n winkel loop deur

Die middedorp van Kroonstad word die afgelope paar maande deur ’n vlaag van misdaad geteister.

Kettingwinkels aan die bo-kant van Cross-straat word meestal geteiken en die skade beloop derduisende rande.

“In die laaste voorval is ’n bekende kettingwinkel weer geteiken. Die polisie kon daarin slaag om twee van die vermeende diewe vas te trek. Die saak word verder deur die Kroonstad-polisie ondersoek,” sê kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder.

Piet Cordier van die Corcomm-sekuriteitsmaatskappy in Kroonstad het bevestig dat daar ’n toename van inbrake in Kroonstad is.

Hy reken dat dit moontlik sindikate is wat vir die inbrake verantwoordelik is en dat die gemeenskap versigtig moet wees.

Van die misdadigers wat by inbrake betrap is, was swaar gewapen.

Na bewering neem dit die inbrekers slegs drie minute om ’n ruit uit te skop en voorraad uit die winkel te steel, sê Cordier.

Nog ’n probleem wat kop uitsteek is vermoedelik ’n sindikaat wat lugtyd-bedrog pleeg.

“Die lugtyd-bedrog het in die laaste maand erg toegeneem en ons verneem dat dit oor die Vrystaat heen plaasvind,” sê Francois Geldenhuis van die Kroonstad-buurtwag.

Die owerhede, sekuriteitsmaatskappye en buurtwag doen ’n beroep op die gemeenskap om alle sake soos eiendomsbetreding, diefstal, grypdiewe, diefstal uit voertuie, voertuigdiefstal en dieremishandeling by die polisie aan te meld sodat hulle dit op rekord kan plaas en akkurate misdaadstatistiek aan die publiek kan gee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.