Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
November lui koekbaktyd in

November is tyd om vrugtekoek vir die Kerstyd te bak.

Bestanddele:

500 ml koekmeelblom

5 ml gemengde speserye

5 ml bakpoeier

’n knippie sout

250 g dadels

250 g glanskersies, in kwarte 125 ml korente

250 ml water

250 ml wit suiker

100 g botter of margarien

125 g gemengde skil

250 ml sultanas

2 eiers

5 ml koeksoda

15 ml melk

Metode:

Voorverhit die oond tot 150 °C.

Sit ’n sirkel bakpapier op die boom van ’n diep koekpan van 23 cm in deursnee en smeer die bakpapier ook.

Sif die koekmeelblom, gemengde speserye, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak.

Voeg die dadels, kersies en korente by die meelmengsel.

Verhit die water, suiker, botter of margarien, gemengde skil en sultanas in ’n swaarboomkas­trol en kook oor lae hitte vir 5 minute.

Haal die mengsel van die stoof af en laat goed afkoel.

Klits die eiers en voeg by die gekookte vrugtemengsel. Meng goed. Voeg die gekookte mengsel by die meelmengsel en meng deeglik met ’n lepel.

Los die koeksoda in die melk op en meng deeglik met die beslag. Gooi die beslag in die gesmeerde pan en bak ongeveer ’n uur lank.

Laat die koek ’n rukkie afkoel en keer op ’n draadrak uit.

Keresmese kuku

500 ml flouru

5 ml gemengde speserye

5 ml bakpoeiri

letswai

250 g matlha aa beilweng (dates)

250 g cherries, ho seha 1/4

125 ml currants

250 ml metsi

250 ml tswekere

100 g botoro kapa margerene

125 g sejana se tsoakiloeng

250 ml sultanas

2 mahe

5 ml ho baka soda le ho e

15 ml lebese

Mokgwa:

Sebedisa onto 150 °C. Seha selika-likoe wa bakpapieri wa pane wa kuku (23 cm). Beha botoro ka hare pane le bakpapieri. Beha bakpapieri ka hare pane.

Sefa flouru, mixed spice, bakpoeri le letswai. Kopanya matlha aa beilweng (dates), cherries le currants ka hare motswako. Tshela metsi, tswekere, botoro, sejana se tsoakiloeng le sultanas ka hare pitsa. Peha hodimo setofu metsotso 5.

Lumella ho pholile.

Fuduha mahe. Kopanya ka motswako. Fuduha hantle sebedisa le kgaba. Kopanya metsi le tholoana ka motswako. Fuduha,

Fuduha ho baka soda le ho e le lebese. Tshela ka hlama.

Tshela hlama ka hare pane. Baka kuku metsotso 60.

Lumella ho pholile. Beha kuku hodimo raka tsa terata.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.