Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe era vir brandweer

’n Nuwe era in brandbestryding vir die Moqhaka-munisipaliteit het aangebreek nadat ’n splinternuwe brandweerwa van bykans R4 miljoen in gebruik geneem is.

Die voertuig is deel van ’n nuwe vloot voertuie wat deur die munisipaliteit aangekoop word.

Dit kom nadat die munisipaliteit etlike jare lank bykans sonder ’n werkende en betroubare brandweerwa oor die weg moes kom.

Die splinternuwe brandweerwa is Dinsdag (09/07) amptelik op ’n seremonie by die munisipaliteit in ontvangs geneem.

Die ou brandweerwa kon weens ouderdom nie behoorlik in stand gehou word nie en met die onbetroubare reaksietyd daarvan was dit ’n risiko om te gebruik.

Kroonnuus het verneem dat slegs die Citi Golf-voertuig van die brandweer en ’n tenkwa vroeër vanjaar by ’n brand op die toneel was. Dié tenkwa was nie ’n brandweerwa nie, maar het wel ’n pomp gehad waarmee ’n brand met water bespuit kon word.

Die behoefte aan ’n brandweerwa is elke maand op raadsvergaderings bespreek.

“Die brandweerwa was ons nommer een-prioriteit, en ons gee ook tans aandag aan alle diensleweringsvoertuie wat vervang moet word,” sê Dika Kheswa, woordvoerder van die Moqhaka-munisipaliteit.

“Ons sal die voertuie wat tans buite werking is eerste vervang, soos byvoorbeeld die vulliswaens.”

’n Groot bekommernis betreffende brandbestryding, en soos vroeër deur Kroonnuus berig, was dat die N1 deur Kroonstad strek en dat ’n brandstofdepot ook in die dorp geleë is. Afleweringsvragmotors wat vlambare produkte vervoer, besoek ook gereeld die dorp en is ’n brandgevaar.

Kheswa het ook genoem dat werkspanne van die munisipaliteit hard aan die werk is om water- en rioollekke so spoedig moontlik te herstel.

Die munisipaliteit se fokus is tans hoofsaaklik op dienslewering, sê Kheswa.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.