Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe hoof wil inspireer

Die Johan Slabbert-skool vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes in Kroonstad het vanjaar ’n nuwe skoolhoof aan die stuur van sake.

Nico van Zyl (43) wat reeds vir die afgelope 12 jaar verbonde is aan dié skool, is van Januarie 2019 as die skoolhoof aangestel.

“My visie vir die Johan Slabbert-skool is om deure oop te maak vir ons leerlinge, en hulle toe te rus met genoegsame vaardighede, opleiding en die skep van werksgeleenthede.”

“Ek hoop ook om aan elke leerling die nodige selfvertroue te gee en hulle te inspireer om ’n bate in die gemeenskap te wees,” sê Van Zyl.

Van Zyl is gebore en getoë in Potchefstroom.

Hy het aan die Hoër Volkskool Potchefstroom matrikuleer.

Ná skool het hy aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom studeer waar hy sy onderwysgraad verwerf het.

Hy het sy onderwysloopbaan aan die Goudwesskool in Carletonville begin waar hy vir drie jaar skool gegee het.

Daarna was hy vir twee jaar aan Die Wilge-skool in Potchefstroom verbonde.

Sedert 2007 is hy by die Johan Slabbert-skool betrokke.

Sy vakgebied is duikklopwerk en spuitverf wat deel vorm van die opleiding van ’n paneelklopper.

Van Zyl is ook baie by die skool se buitemuurse aktiwiteite betrokke en rig atletiek, rugby en die blaasorkes af.

Hy is met Leandrè van Zyl getroud.

Indien hy vrye tyd op hande het, sal hy langs die viswaters wees waar hy sy groot liefde vir visvang beoefen.

Buiten sy passie om kinders te onderrig, geniet hy die buitelewe en is hy ’n kranige fietsryer.

Ek hoop ook om aan elke leerling die nodige selfvertroue te gee en hulle te inspireer om ’n bate in die gemeenskap te wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.