Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Onsekerheid bring kil atmosfeer

Die herfs-luggie het soggens vroeg effe van ’n byt en ’n mens kan voel dat die draai van die seisoen op pad is.

Ná heerlik verfrissende reënbuie plek-plek die afgelope week voel die lug nuut en vars. Dit is eintlik lekker om te voel hoe die seisoen verander.

Ons ervaar juis figuurlik ook ’n seisoen van baie veranderinge.

Hoewel daar op dié tydstip heelwat onrustigheid in almal se gemoedere is, sal ons vandag oor minder as ’n maand die geleentheid kry om ons kruisie te trek met die hoop op verandering.

So hoop ons ook dat die ontstoke inwoners wat hul misnoeë oor dienslewering uitspreek en tot drastiese protesoptrede oorgaan, die verandering in die lug sal voel.

Bygesê, wanneer ’n mens voel jou stem word nie gehoor of op ag geslaan nie, laat dit die gemoed met onrus en angstigheid en sonder hoop op verandering.

Die gevoel is dat onrustigheid ook in die landboubedryf broei, of dit nou weens die draai van die seisoen is of oor al die moontlike ver­anderinge wat voorlê.

Elke boer is na verwagting diep dankbaar vir die heerlike reën die afgelope tyd, hoewel dit by sommige bekommernis kan wek of hulle die oeste van die lande kan haal voordat ryp weens die naderende koue tref.

Ons bid, glo en vertrou dat die weers­omstandighede ons boere genadig sal wees.

Die boerderybedryf is die afgelope paar jaar deur baie faktore geteister en wonder bo wonder wil dit tog voorkom asof dit ook een van die min bedrywe is wat ongeag ver­andering en swaarkry steeds kop bo water hou en kos vir ons tafels verskaf.

Een ding is wel seker: Ons almal se onsekerheid oor al die ver­anderinge wat voorlê, hang tasbaar in die lug soos die herfs-luggie.

Maar dié seisoen sal ook verbygaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.