Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ontwikkeling sy visie

Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) spog ná bykans twee jaar met ’n nuwe skoolhoof.

Hendré Kachelhoffer (33) is van Januarie 2019 as die skoolhoof aangestel.

“Respek en dissipline in ’n skool is uiters belangrik. Hiermee hoop ek om ’n positiewe leeromgewing vir elke leerling te vestig,” sê hy.

Sy visie vir Rooiskool is om ’n omgewing te skep waarin leerlinge en onderwysers optimaal sal funksioneer in die vryheid van ’n Christelike waardesisteem, wat op dissipline, respek en integriteit gegrond is.

Hy hoop om ’n holistiese omgewing te skep waar leerlinge in alle aspekte van die skool soos akademie, sport, kultuur en sosiale ontwikkeling sal ontwikkel.

Rekeningkunde, besigheidstudies en ekonomiese bestuurswetenskap is sy vakgebied.

Kachelhoffer is in Bethlehem gebore en getoë.

Hy het daar grootgeword en aan die Hoërskool Voortrekker matrikuleer.

Sy onderwysgraad het hy aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom verwerf.

In 2005 het hy sy onderwysloopbaan aan die Hoërskool Harrismith begin terwyl hy sy studies voltooi het.

Hy was vir 13 jaar by dié skool betrokke en is in 2015 tot die adjunkhoof bevorder.

In Harrismith was hy aktief by verskeie komitees betrokke.

Kachelhoffer was die koshuisvader en die hoof van sport, dissipline en akademie.

Hy het ook as die finansiële bestuurder van die skool se beheerliggaam gedien.

In sport was hy die eerste rugbyspan se afrigter waarvan die skool twee jaar die liga­wenners was. Hy was van 2006 tot 2014 die Oos-Vrystaatse o.19-rugbyafrigter en ’n Oos-Vrystaatse rugbykeurder van 2006 tot 2018.

Boonop was hy van 2009 tot 2018 ’n keurder van die Griffon-akademiespan en hy het ook die internasionale rugbyraad (IRB) se vlak twee-afrigtingskursus agter sy naam.

Kachelhoffer is ’n kranige krieketafrigter en het die eerste krieketspan afgerig en was in 2009 die Oos-Vrystaatse o.18-krieketafrigter en het van 2005 tot 2015 as keurder opgetree.

Gholf is een van sy persoonlike passies en hy het ’n voorliefde vir dié sport.

Weens dié passie het hy die eerste en tweede span van 2005 tot 2014 afgerig.

In 2012 en 2013 het as voorsitter van die Oos-Vrystaatse gholf-unie gedien.

Kachelhoffer is met Melize, ’n prokureur, getroud.

Die egpaar het ’n vierjarige dogtertjie, Lizrè. Sy is haar pa se oogappel, en die gesin sal hul nuutste toevoeging tot die gesin, Christiaan, in April verwelkom.

Respek en dissipline in ’n skool is uiters belangrik. Hiermee hoop ek om ’n positiewe leeromgewing vir elke leerling te vestig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.