Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Opknapping verbly inwoners

Honderde motoriste ry daagliks oor die S-brug in Kroonstad.

Dié brug het sy naam gekry van die S-vorm waarop dit in die vorige eeu as ’n tweede oorgang oor die treinspoor naas die duikweg gebou is.

Inwoners en voetgangers word egter gegrief deur die verwaarloosde toestand van die brug.

Du Toit Mostert van ’n pesbestrydingsmaatskappy het besluit om leiding te neem om dié brug weerskante te ontbos, die gras te sny en onkruid te verwyder.

Vrydag (05/10) is groot vordering reeds gemaak.

Spaski Geldenhuis, DA-wyksraadslid, is verheug oor die ywer van inwoners om eienaarskap van landmerke in Kroonstad te neem en die nodige opruimingswerk en verfraaiing te doen.

“Sodra die opruiming voltooi is en onkruid met chemikalieë behandel is, wil die vrywilligers die draadheining herstel en verf,” sê hy.

“Alles kan nie uit een besorgde instelling se sak kom nie.

“Ons sê dankie vir diegene wat reeds ’n skenking vir verf of bloot hul arbeid beskikbaar stel vir dié projek,” sê Geldenhuis.

Volgens Geldenhuis is die S-brug nie die eiendom van Spoornet soos meeste inwoners dink nie.

“Die Moqhaka-munisipaliteit het hul tevredenheid en dankbaarheid uitgespreek vir die hulp en bystand van die publiek om die dorp se voorkoms te verbeter,” sê hy.

Diegene wat ’n handjie wil bysit of ’n kontantskenking wil bydra, kan Geldenhuis by 082-417-8987 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.