Op Vrydag 15 Februarie word ’n opskop, wat dans en kuier insluit, ten bate van die Kroonstadse DBV aangebied.
Dit begin om 18:30 by die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad en kos R150 per persoon.
’n Ete word bedien en daar is ’n kontantkroeg. Conrad & Band sal vermaak verskaf. Bel Veronica van der Westhuizen by 083-637-0348 of 076-172-3720.