Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ou waterpyp steeds nie herstel nie

Inwoners van ou Elandia naby Amund Weeberstraat in Kroonstad het teen Maandag (08/10) reeds byna drie weke sonder ’n druppel munisipale water gesit.

Die ou waterpyp in dié omgewing het die gees gegee en moet dringend vervang word (“Waterpyp bly bars”, Kroonnuus, 25 September).

’n WhatsApp-groep is gestig om inwoners van die omgewing ingelig te hou oor die vordering met die vervanging van die pyp.

Omgekrapte inwoners raak egter kriewelrig omdat die Moqhaka-munisipaliteit nie vinnig genoeg by die verskaffer pype kry nie. Blykbaar het die verskaffer nie genoeg voorraad beskikbaar nie.

Ongeag versoeke aan die munisipaliteit om ’n watertenk vir inwoners se gerief in die omgewing uit te plaas, gebeur dit nie.

Lesers is ontevrede omdat die munisipaliteit nie voldoende vragmotors en werkspanne het om waterpype wat gebars het, vinnig te herstel nie.

’n Betroubare bron het aan Kroonnuusgesê dat die vervanging van die waterpyp in die omgewing bemoeilik word omdat daar op ’n sekere erf glo oor die munisipale dienste (waterpyp) gebou is.

Spaski Geldenhuis, DA-wyksraadslid, probeer om inwoners ingelig te hou oor die vordering met herstelwerk, maar versoek mense om geduldig te wees.

“Aandag aan die hoofpypleidings kry voorrang,” sê hy op die WhatsApp-groep.

Talle rioolpype in Kroonstad, Maokeng en Brentpark gee die munisipaliteit hoofbrekens.

Kroonnuus verneem dat die munisipaliteit se werkspanne in al drie dorpe en die townships met min voertuie riool-lekkasies en gebarste waterpype moet herstel.

Die munisipale woordvoerder, Dika Kheswa, het ontvangs van Kroonnuus se navrae oor die waterkwessie in Elandia erken, maar teen druktyd nog nie terugvoering gegee nie.

Alle waterlekke moet by die oproep­sentrum van Moqhaka by 056-216-9321 aangemeld word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.