Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oud en jonk byeen

Rolbal se gewildheid neem steeds toe in die Noord-Vrystaat met oud en jonk – 11 tot 91 jaar – wat tans by dié sportsoort betrokke is.

Vanjaar het Noord-Vrystaat-rolbal 565 spelers uit die drie sub-distrikte van die Noord-Vrystaat vir die 2019-seisoen geaffilieer.

Die drie sub-distrikte is:

  • Die Goudveld, wat Theunissen, Goudveld, Bultfontein, Hertzogville, Wesselsbron en Hoopstad insluit.
  • Riemland, wat Reitz, Vrede, Frankfort, Harrismith, Petrus Steyn, Bethlehem en Senekal insluit.
  • Die Valsrivier, wat Kroonstad, Vredefort, Koppies, Heilbron en Steynsrus insluit.

In totaal is daar 26 klubs by Noord-Vrystaat-rolbal geaffilieer.

Rolbalklubs bied onder meer borge-dae en geldinsamelingsgeleenthede ten bate van organisasies soos KANSA en die Dierebeskermingsvereniging (DBV) aan.

Buiten die gemeenskapsdiens word besigheidsligas as ’n spanbou-geleentheid gehou.

Ligawenners ding teen wenners van buurdorpe en selfs spanne van Noordwes en Sedibeng mee.

Verskeie Noord-Vrystaat-rolbalkampioenskappe word deur die jaar op ’n gereelde grondslag aangebied.

Die verskillende sub-distrikte hou eers hul onderskeie kampioenskappe en daarna dring die 16 bestes uit die sub-distrikte na die eindrondes deur. Dit word op ’n rondomtalie-grondslag deur die sub-distrikte aangebied.

Elke jaar stuur Noord-Vrystaat-rolbal ses vroue- en ses mansrolbalspanne na die interprovinsiale distrikte-rolbaltoernooi.

Spelers van Kroonstad wat in vanjaar se spanne ingesluit is, is Bianca Keeve (A-span), Ansie Fourie (B-span), Elize Odendaal (veterane), en ook Charl Sieberhagen en Derrick de Gouveia (B-spanne).

Hierdie spanne het Sondag (10/03) vertrek om aan die 2019-rolbalkampioenskap deel te neem.

Catrien Koekemoer van Koppies, en Koos en Magda Bierman van Heilbron is as spanbestuurders van drie van hierdie spanne aangewys.

Die Noord-Vrystaat se o.15-rolbalspan neem vanaf 23 Maart aan die interprovinsiale distrikte-rolbaltoernooi in Bloemfontein deel.

Linda van Caspel van die Kroonstad-rolbalklub is deur Rolbal Suid-Afrika uitgenooi om aan die nasionale meestersrolbaltoernooi deel te neem.

Van Caspel en De Wet Steenkamp gaan ook later vanjaar aan die nasionale gemengde rolbalkampioenskap deelneem waar hulle die Noord-Vrystaat sal verteenwoordig.

Bel vir Christo Fourie by 082-579-0429.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.