Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oudskoolhoof wyd betreur

Huldeblyke het van oraloor ingestroom nadat ’n oudskoolhoof van die destydse Hoër Landbouskool Kroonstad oorlede is.

Die 90-jarige Nellis Zaaiman, oftewel Oom Zaai, is op Donderdag 6 Augustus in Bloemfontein oorlede.

Hy was in Bloemfontein, waar hy die afgelope paar jaar gewoon het.

“Met Oom Zaai se afsterwe is ’n kosbare skakel uit ons Lantie-ketting geneem,” sê Cassie Muller, oudkollega en vriend.

“Die Lanties se hart is gebreek en die leemte wat hy laat, sal nooit weer gevul kan word nie. Hy het almal met soveel liefde, deernis en respek behandel. Hy was altyd nederig en het net sy beste gegee. Sy kollegas en leerlinge het hom respekteer, want dit is hoe hy hulle behandel het. Ons is dankbaar vir die tyd met hom. Hy het talle mense se lewe verryk.”

Zaaiman is in Kakamas gebore en het in 1946 aan die Hoërskool Upington gematrikuleer.

Hy het in Stellenbosch gestudeer en in Middelburg begin skoolhou, waarna hy hom in 1963 by die Hoër Landbouskool in Kroonstad aangesluit het.

In 1975 is hy tot inspekteur van die departement van onderwys bevorder, waar hy tot sy aftrede gewerk het.

Hy was lief vir sport en was nou betrokke by rugby en krieket.

  • Hy was met Sannie Duursema getroud. Hulle het mekaar goed aangevul en is as ’n gedugte span beskryf.

Drie kinders is uit die huwelik gebore: Ronelle van Rensburg, Neill en André.

Weens Covid-19-regulasies is geen roudiens gehou nie.

Weens die Covid-19-regulasies is ) Zaaiman het op 20 Januarie sy 90ste verjaardag saam met oudleerlinge gevier waar oor Netwerk24 berig het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.