Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ouers ruk op

Die nuwe seksvoorligtingkurrikulum (CSE) van die departement van basiese onderwys het ouers sedert verlede jaar warm onder die kraag.

Baie mense is steeds aan die gons daaroor.

Verlede Donderdag (13/02) het ouers landwyd opgeruk om hul misnoeë oor dié sensitiewe onderwerp te kenne te gee. Optogte is oral gereël in die hoop dat hulpkrete op die regte ore sal val. Die blote feit dat die seksvoorligting se leermateriaal baie grafies en onvanpas is, maak ouers onrustig dat kinders abnormale gedrag sal openbaar.

Hulle reken ook dat die regering reg in eie hande neem en kinders dwing om aan seks blootgestel te word voordat hulle emosioneel gereed is daarvoor.

Ouers is dit eens dat seksvoorligting ’n onderwerp is wat by elke kind se huis aangespreek moet word, of op hoërskool aangebied kan word.

Versoekskrifte en skrywes van teenkanting oor die kurrikulum is deur die verskeie organisasies soos #leaveourkidsalone ’n groep op facebook, aan die departement van onderwys gestuur, met geen terugvoer nie.

Daarteenoor voel die regering dat kinders ingelig moet wees, vir hul eie veiligheid.

Verlede jaar het Netwerk24 berig dat Angie Motshekga in ’n parlementêre antwoord oor die CSE gesê het ouers kan kies om aan die CSE te onttrek.

Dit beteken egter nie kinders is vrygespreek van seksvoorligting nie.

Die nuwe kurrikulum is van 2020 af vir alle leerlinge van gr. 4 tot gr. 12 verpligtend.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.