Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Oumas’ roep hulp in met projek

Die lede van die WhatsApp-groep “Ons dorp soek ’n ouma”, wat die verkeersirkel in Van der Lingenstraat en die middelman by die Sarel Cilliers-brug opruim en met waterwyse plante en versierings eie aan die streek gaan verfraai, het lesers se hulp nodig.

Talle inwoners van Kroonstad het bou­rommel wat iewers lê en waarvan hulle graag ontslae wil raak.

“Al is dit net ’n bietjie en jy het vervoer, reël met ons en help só om die ongebruikte fontein by die sirkel toe te gooi.

“Die bourommel moet nie stukke staal of plastiek bevat nie,” vra Pikkie Combrinck.

Die groep hoop dat iemand met ’n voorlaaigraaf hier hulp kan verleen.

Annelize Geldenhuis, ’n Kroonstadter wat tuine uitlê, staan aan die stuur van dié groot projek wat met die Moqhaka-munisipaliteit se goedkeuring aangepak word.

Om betrokke te raak, bel Combrinck by 082-412-2451 of Geldenhuis by 076-059-6714.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.