Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oumas vra hulp met opknapping

Die oumas van Kroonstad wat hulle daartoe verbind het om die verkeersirkel by Van der Lingestraat en die Sarel Cilliers-brug in Kroonstad reg te ruk, is vuur en vlam om ’n landskapsontwerpte tuin hier uit te lê en te verfraai.

Weens die watertekort is daar besluit dat die fontein by die verkeersirkel met bourommel opgevul moet word.

Annelize Geldenhuis, organiseerder, en Pikkie Combrinck vra inwoners om skoon bourommel (sonder plastiek en staal) in die fontein te stort.

Mense wat met ’n voorlaaigraaf kan help om die groot werk aan te pak, te voltooi en so ’n bydrae wil lewer, kan vir Combrinck by

082-412-2451 bel.

Intussen word die somerreëns afgewag en mense wat waterwyse plante in houers kan kweek, word versoek om skenkings hiervoor te maak.

Inwoners wat arbeid op die dae wat die oumas hier gaan werk kan gee, kan ook vir Combrinck bel om te help.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.