Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pa en seun wys hul slag

’n Pa en seun van Kroonstad het die Clarens-gholfope vir 2019 in hul onderskeie afdelings gewen.

Jaco Froneman (51) was die algehele wenner van die senior afdeling en sy seun Franco (22) was die algehele wenner.

Die derde ronde van die Vrystaat-gholfunie se 2019-’20-toernooie is op die Clarens-gholfbaan aangebied.

Sowat 96 spelers het aan die toernooi, wat op 30 November oor 36 putjies en op 1 Desember oor 18 putjies gestrek het, deelgeneem. ’n Ope-afdeling vir alle spelers, asook ’n senior en junior afdeling, was deel van die kompetisie.

Franco, van die Kroonstad-buiteklub, het ná die eerste 36 putjies reeds voorgeloop met ’n telling van 139 houe, 5 onder baansyfer.

Franco het die oggend ’n skitterende 68 houe, 4 onder baansyfer, gespeel met 33 houe op die eerste 9 en 35 houe op die tweede 9 putjies.

Franco het 71 houe in die middagrondte gespeel.

Roedu du Plessis van Heron Banks en Jaco Froneman van die Kroonstad-buiteklub was die gesamentlike voorlopers in die senior afdeling op 156 houe.

Franco het goeie gholf oor die laaste 18 putjies op 1 Desember gespeel en 33 houe, 3 onder baansyfer oor die eerste 9 putjies, aangeteken. Hy het ook ’n arend op putjie 8, ’n syfer 5, aangeteken.

Die laaste 9 putjies was spannend, maar Franco het met goeie bofhoue en goeie setwerk beïndruk. Hy het die sege met ’n goeie rondte van 70 houe vir ’n totaal van 209 houe beklink, 7 onder baansyfer vir die toernooi.

Franco is as die algehele kampioen aangewys.

Franco wat nooit van ’n baljoggie gebruik maak nie, het vir die toernooi, sy ma, Christelle Froneman, ingespan. Dit was ’n goeie kombinasie.

In die senior afdeling het Jaco ná ’n goeie rondte van 37 houe, oor die eerste 9 putjies afgeslaan met ’n voortou van 4 houe vir die laaste 9 putjies. Dit het voëltjies op die sesde en sewende putjies ingesluit.

Jaco het op die 10de en 13de putjies 2 houe aan baansyfer afgestaan, maar weer ’n voëltjie aangeteken op die 15de putjie en syfers oor die laaste 3 putjies, vir ’n totaal van 234 houe.

Jaco was die algehele wenner van die senior afdeling.

“Ons het die afgelope naweek ’n nuwe rekord aangeteken met die pa-en-seun-wenkombinasie. Geluk aan Jaco en Franco vir dié prestasie,” sê Nicky Nel, president van die Vrystaat-gholf-unie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.