Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pa se dood spoor hom aan

Tlhalefo Khaile (17) van die Hoërskool Steynsrus het met sy agt onderskeidings in die matriekeindeksamen presies behaal waar- op hy gehoop het.

En met sy pa wat oorlede is die dag nadat hy die laaste vraestel geskryf het, is hy gemotiveer om ’n groot sukses van sy verdere studies te maak.

Sy onderskeidings is in Engels, Afrikaans, wiskunde, fisiese wetenskap, lewenswetenskap, rekeningkunde, lewensoriëntering en drama.

Dit is die eerste keer dat die Hoërskool­ Steynsrus leerlinge het wat agt onderskeidings kry. En toe is daar sommer twee. Nog ’n leerling, Andrew Kharafu, het ook agt onderskeidings behaal. (Lees berig hiernaas.)

Johan Neethling, skoolhoof, sê hy is baie trots en opgewonde oor die twee se prestasies.

Tlhalefo sê dit het harde werk gekos.

“Dit voel of ek my doelwit bereik het. Ek het reeds ’n maand en ’n half voor die eksamen begin leer.”

Dit is waarom hy in die eksamentyd kalm kon wees, sê hy.

Tlhalefo beoog om vanjaar rekeningkunde aan die Universiteit van Witwatersrand in Johannesburg te gaan studeer.

“Rekeningkunde en syfers is my passie.”

Sy uiteindelike doelwit is om ’n geoktrooieerde rekenmeester te word, sê hy.

Tlhalefo sê sy pa, Simon, se dood ’n dag ná sy laaste vraestel sal hom motiveer om nog harder te werk.

Sy ma, Mabatho, is werkloos en hy het ook ’n jonger suster, Mamello, in gr. 9.

Hy is boonop ’n jong man met vele talente. Hy blink uit as verspringatleet, het aan debat deelgeneem en in die skoolkoor gesing. Hy was ook onder die 20 beste leerlinge in wiskunde in die Noord-Kaap en Vrystaat.

“My resep vir sukses is om doelwitte vir myself te stel en dan hard te werk om daardie doelwitte te bereik. Ek streef daarna om myself te verbeter,” sê hy.

Sy raad aan vanjaar se matrikulante?

“Wees bereid om jou ‘lekker tye’ op te offer en hard te werk om sukses te behaal, maar vat dit ook rustig.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.