Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Pad van die dood’ uit nood herstel

Bewoners van kleinhoewes langs die Kroonstad-Viljoenskroonpad spring nou in om dié gehawende pad, wat ook as “die pad van die dood” bekend staan, te herstel.

Hulle het die slaggate met hul eie toerusting, sand en klip begin opvul.

Die toestand van dié pad, wat op plekke meer soos ’n grondpad lyk, word al vir jare bespreek, sonder sukses.

Motoriste ly gereeld skade op die pad en dit bly ’n reuse-risiko vir padgebruikers se veiligheid.

“Ons onderneming is langs die Kroonstad-Viljoenskroonpad, en ek was aangenaam verras toe ek die mense sien werk. Ek het gestop, net om te verneem dat dit die inwoners van die omgewing is wat met hul eie gereedskap sand en klip die slaggate laat vul,” sê Henko Sevenster van 7 Star Plant Hire.

“Dankbare motoriste gee darem ’n fooitjie vir die manne”.

Sevenster, wie se maatskappyvoertuie gereeld ’n band weens die slaggate op die pad verloor, het vir die vrywilligers ’n vrag gruisklip afgelaai om ’n bydrae tot hul werksaamhede te lewer.

“Sodra al die interne prosesse vroeg in 2020 afgehandel is, behoort ons ’n kontrakteur so gou moontlik aan te stel om met die Kroonstad-Viljoenskroonpad se herstelwerk te begin,” sê Hillary Mophete, woordvoerder van die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.