Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Papawerdag hier herdenk

Vanjaar sal die herdenkingsdag ter nagedagtenis aan die soldate wat hul lewe ten tyde van die Eerste en Tweede Wêreldoorlog in die diens van die destydse Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) opgeoffer het, Sondag (11/11) om 11:00 by die NG Moederkerk gehou word.

Kranse word op Papawerdag, soos wat dit internasionaal bekend staan, ter nagedagtenis aan afgestorwe soldate gelê.

Deon Bester van die Suid-Afrikaanse Legioen sê die legioen het besluit om die kranslegging nie vanjaar by die oorlogs­gedenkteken in Hillstraat en die kanon te hou nie.

Vir vanjaar se geleentheid sal die verrigtinge op die Moedergemeente se terrein plaasvind.

Die kranse gaan by ’n mobiele kanon gelê word.

Rig navrae aan Bester by 083-262-5704.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.