Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Plaaslike slaghuis verdien nasionale eer

’n Megaboer van die Edenville-distrik kan waarskynlik een van die grootste suksesverhale in die Suid-Afrikaanse vleisbedryf vertel.

Nick Serfontein het die Sernick-groep op die plaas Liebenbergstroom gestig. Hier word uitgebreide boerderybelange bedryf.

’n Eerbewys wat ’n pluimpie vir die groep is, rakende sy strewe na gehaltevleis in sy slaghuise, is die jaarlikse Cleaver-eerbewys van die rooivleisprodusente-organisasie (RPO), wat oor die land heen higiëne- en gehaltebeheertoetse in slaghuise doen.

Onder die naam Country Meat is die eerste slaghuis van die groep in 2012 in Kroonstad geopen, gevolg deur een in Fourways, en Linden in Gauteng.

Al dié slaghuise is vanjaar met ’n nasionale Cleaver-eerbewys beloon.

“Ons probeer regtig om die fokus van die ouskool-gevoel en aandag aan detail in ons slaghuise na te streef. Ons berei snitte na die klant se smaak en voorkeur voor,” sê Danie Prinsloo, direkteur van Country Meat.

Die slagdiere kry ’n koningslewe in die voerkrale. Die Sernick-groep meng sy eie voer en beskik oor ’n bultoetsstasie. Hy spesialiseer in die Bonsmara-ras.

In Kroonstad word die slag­diere by die abattoir geslag en al die verwerking van die vleis word deur die groep hanteer.

“Die hele waardeketting word onder ons eie streng reëls onderhou,” sê Prinsloo.

Die koelketting is vir die groep van uiterse belang en hy roem daarop dat die vleis vier keer minder hanteer word deur self by elke proses betrokke te wees.

Tot op datum spog Country meat met vier Cleaver-eerbewyse.

Die RPO beoordeel slaghuise na gelang van klante se verwagtinge, higiëne en konstante voorsiening van gehalteprodukte, wat boonop waarde vir geld moet bied.

Die abattoir in Kroonstad beskik oor internasionale sertifisering, wat klante die gemoedsrus bied dat die hoogste standaarde in voedsel­veiligheid hier gehandhaaf word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.