Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Plakkerskamp kwel inwoners

Inwoners van Kroonstad is bekommerd oor die plakkerskamp wat by die Barend Wessels-keerwal tot stand gekom het.

Die plakkers het in Junie verlede jaar onder die brug, wat oor die rivier by die noord-oewer strek, kamp opgeslaan (bekend as die robot-brug.

Dít sonder voldoende infrastruktuur of geriewe.

Die saak is al op verskeie geleenthede onder die ower­hede se aandag gebring.

’n Eienaar van ’n meenthuiskompleks wat aan die noord-oewer grens, is egter steeds bekommerd oor inwoners se veiligheid en die afbreuk wat dit aan die omgewing doen.

Hy meen die plakkerskamp maak dit ook onveilig vir inwoners en besoekers wat die noord-oewer graag besoek.

Hy meen die owerhede is al raadop – namate die plakkers van die oewer verwyder word, slaan die volgende plakkers nuwe strukture op.

“Dit is ongelukkig vir ons wat wetgewing moet toepas baie moeilik om 24 uur van die dag beheer oor die situasie uit te oefen, maar ons probeer,” sê Chris van Zyl, hoof van die Moqhaka-munisipaliteit se veiligheidsdienste.

“Tog, in samewerking met al die ander owerhede en buurtwagte, behaal ons die afgelope tyd redelik sukses.

“Ons veiligheidsdienste, polisie en buurtwagte patrolleer permanent om die probleme, namate dit opduik, spoedig hok te slaan.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.