Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisie trek 66 vas

Die Kroonstad-polisie was suksesvol in sy optrede aan die einde van Januarie om misdaad hok te slaan.

Binne sewe dae het die Kroonstad-polisiërings­eenheid en -speurdienste 66 mense vir verskillende misdade in hegtenis te geneem.

Dit het verkeers­oortredings, die besit van gesteelde goedere, aan­randing, moord, winkel­diefstal, algemene diefstal, poging tot roof van motors en huisbraak ingesluit.

Al die verdagtes wat deur die optrede in hegtenis geneem is, het reeds in die Kroonstadse Landdroshof verskyn.

“Ons sal voortgaan om misdaad in die Kroonstad-omgewing te bekamp en is dankbaar vir die gemeenskap se hulp om misdadigers te help vastrek,” sê Brig. Mapulane Mbeloane, eenheid-bevelvoerder.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.