Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pretspel bied pryse

Bingo! Jy wen as jou telkaart eerste vol is.

Bingo is ’n prettige speletjie wat almal kan speel.

Hiervoor word ’n telkaart gebruik wat bestaan ??uit vyf kolomme van vyf blokke.

Die spel is eenvoudig, maar dit gee die speler baie voldoening om “Bingo” te kan skree.

Belangstellendes kan op Vrydag 20 Julie in die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies) se saal saamspeel.

Die OFM-omroeper Martin van der Merwe is die aan­bieder vir die aand. Kinders jonger as 18 jaar mag nie deelneem nie.

Plek aan ’n tafel, waar tien vriende kan saamkuier, is vooraf teen R150 per persoon (ete en eerste Bingo-kaartjie ingesluit) te koop.

Talle pryse, soos ’n slagskaap, kontant en ander groot pryse is op die spel.

Bel Tania Kruger by 083-635-0254 om besprekings te doen en vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.