Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Redenaars presteer puik

Twee leerlinge aan die Laerskool Kroonheuwel in Kroonstad het uitstekend gevaar in die eindronde van die Afrikaanse Taal-en-Kultuurvereniging (ATKV) se landswye redenaarskompetisie.

Milandri Esterhuizen (8) en David Doubell (12) het deelgeneem aan die eindronde wat Donderdag 25 Julie by die ATKV-Goudini-spa naby Worcester in die Wes-Kaap aangebied is.

Sprekers van al die provinsies en Namibië het hier hul tonge laat klap.

Milandri se toespraak, “Die lieg-rat voor kinders se oë draai topspoed,” is aangewys as redenaar in gr. 1 tot gr- 3 met die beste taalgebruik. Sy is boonop die tweede agtereenvolgende jaar as die beste redenaar in haar afdeling in die nasionale kompetisie aangewys. Haar ma, Andrea Esterhuizen, het die wentoespraak geskryf en haar afrigter, Amanda de Wet, het insette gelewer en gehelp met die voorbereiding.

David se toespraak, “Avontuur se passies is ’n wendans”, is deur sy ma, Isolde Doubell, geskryf.

David het ook in sy afdeling ’n onvoorbereide toespraak gelewer. “Albei leerlinge het hulle uiters goed van hul taak gekwyt,” sê Johan Loubser, die skoolhoof.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.