Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Reën bring hoop

Milde reën het sedert verlede week oor die Kroonstad-omgewing uitgesak.

Jan van Biljon, ’n boer buite Viljoenskroon, sê hy is dankbaar vir die deurdringende reën wat die afgelope week in die omgewing geval het.

“Ons is bly dat die reën net betyds geval het.

“Ons sal beslis van die jong mielies, wat baie swaar begin kry het, kan red – dalk nie alles nie, maar die meeste,” sê van Biljon.

Volgens Tonie Rossouw van die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein kon boere baie goeie reën verwag.

Rossouw meen ook mielieboere kan rustig slaap.

“Dit wil voorkom asof die Vrystaat nie voor die eerste of tweede week in Mei ryp gaan kry nie.”

Saaiboere in dié provinsie was tot nou bekommerd dat vroeë ryp hul mielies kan beskadig, omdat die laat somerreëns hulle gedwing het om later te plant.

Wydverspreide reën het boere in die sentrale binneland sedert Woensdag (03/04) laat juig, hoewel haelbuie hier en daar skade veroorsaak het.

“Sedert verlede week het ons ’n goeie 75 mm reën gemeet, waarvoor ons baie dankbaar is,” sê Manie van Niekerk, ’n boer buite Kroonstad.

“Dit is net betyds vir die mielies en aartappels wat op die lande is.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.