SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Reik uit en praat

Niemand weet wanneer dit hul laaste dag op aarde sal wees nie. Enigiets kan gebeur. Jy kan met ’n dodelike siekte gediagnoseer word, ’n ongeluk kan gebeur of alles kan eenvoudig vir jou te veel raak.

In ’n kwessie van ’n bietjie meer as ’n week het twee inwoners van Moqhaka hul eie lewe geneem.

Dit laat die gevaarligte flikker oor die werklikheid van die beproewinge wat die individu in die samelewing beleef. Waarom wil ’n skynbaar gesonde mens net nie meer leef nie?

Eers is dit ’n man wat ten aanskoue van ’n motoris van die robotbrug in Kroonstad afspring en tot sy dood val en verdrink; en toe ’n vrou wat haarself aan ’n druiwe-prieël in Panorama ophang.

As angs en depressie jou oorweldig, reik uit en praat. Deur ’n probleem te identifiseer kan ’n lewe gered word.

Dood is so finaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.