Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Renostertjie kruip in harte in

’n Vier dae oue renoster genaamd Goliat, wat deur sy ma verwerp is, gaan met perdemelk op ’n Vrystaatse plaas grootgemaak word.

Goliat, wat vandeesweek op dié renosterplaas naby Kroonstad aangetref is, is deur sy ma verwerp omdat sy nog self ’n versie is wat saam met haar ma loop en nie gereed was om gedek te word nie.

Die renoster, wat al waggelend op sy babapootjies om die plaasopstal rondloop, het gou in almal se harte gekruip, vertel die boer wat verkies dat sy naam en die plaasnaam verswyg word om sy diere teen renosterstropers te beskerm.

Hesté de Beer, ’n sakevrou van Kroonstad, sê die renoster sal tot op sewe maande op die melk van perde grootgemaak word en sal elke twee uur moet kos kry.

Ná sewe maande sal die dieet aangepas word.

’n Hele studie is hieroor by die Universiteit van die Vrystaat (UV) in Bloemfontein gedoen om vas te stel wat die beste voeding vir renosterwesies is omdat so baie van hulle weens renosterstroping wees gelaat word.

Die Kroonstadse natuurliefhebber en veearts dr. Willem Daffue en drie Indonesiese gaste, wat self ook bewaringskundiges is, het die plaas vandeesweek besoek en gou vriende met Goliat gemaak.

Die Indonesiërs is in Suid-Afrika om meer oor renosterbewaring te leer, en ’n groep Suid-Afrikaners vertrek ook binnekort na Indonesië om te gaan leer oor húl unieke uitdagings met hul bedreigde renosterspesies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.