Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rolbaldroom bewaarheid

’n Droom om in haar gunstelingsport uit te styg het vir Linda van Caspel waar geword.

Van Caspel, ’n lid van die Kroonstad-rolbalklub, is een van 12 vrouespelers wat genooi is om aan die Suid-Afrikaanse meesterskampioenskapsbyeenkoms, wat van 8 tot 10 Februarie 2019 gehou word, deel te neem.

Sy het veral die afgelope twee jaar skitterende rolbal­prestasies behaal.

In 2016 was sy een van die 16 beste spelers in enkelspel wat haar provinsie in die nasionale kampioenskap verteenwoordig het.

In 2017 het sy die kroon as die Noord-Vrystaatse wenner van die senior en ope enkelspel­kampioen gedra.

Sy het in dieselfde jaar in die Noord-Vrystaatse, Suid-Vrystaatse, Vrystaatse en Noord-Kaapse kampioenskap gewen.

Vanjaar het sy deelname aan al dié kampioenskappe weer op haar CV gevoeg.

Die meestersrolbalkampioenskapsbyeenkoms sal by Wingate-park in Pretoria plaasvind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.