Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rugbyklub wil ligabeker tuis hou

Die Kroonstad-rugbyklub – wat verlede jaar op ’n hoë noot afgesluit het toe hy as die Griffon-Platteland-ligawenner gekroon is – hoop om vanjaar die beker by die huis te hou.

Die span was verlede jaar onoorwonne en het in die eindstryd met 28 – 13 teen die klub van Bloemhof geseëvier.

“Ons as bestuur is trots op elke speler vir sy ongelooflike bydrae tot die sukses van verlede jaar,” sê Chris Cor­nelissen, president van die klub.

Spelers is sedert Januarie hard aan die werk om hulle vir die nuwe rugbyseisoen voor te berei.

Vanjaar kan die Kroonstad-rugbyklub se ondersteuners weer aksiebelaaide wedstryde verwag.

Dit begin Donderdag (07/03) met ’n tuiswedstyd teen Bothaville.

Die ligabepalings vir 2019 waarin die Kroonstad-rugbyklub sal speel, is soos volg:

  • 7 Maart: Bothaville (tuis);
  • 14 Maart: Parys (tuis);
  • 20 Maart: Hoopstad (weg);
  • 28 Maart: Theunissen (tuis);
  • 4 April: Bultfontein (tuis);
  • 11 April: Bothaville (weg);
  • 16 April: Parys (weg);
  • 25 April: Hoopstad (tuis);
  • 2 Mei: Theunissen (weg); en
  • 9 Mei: Bultfontein (weg).

Spelers wat graag by die klub betrokke wil raak, kan die oefening op Maandae, Dinsdae en Donderdae bywoon.

Oefensessies word van 18:00 tot 19:00 op die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies) se rugbyveld gehou.

Om navrae rakende die klub se bedrywighede te rig, bel Cornelissen (president) by 082-780-7728, Marius van Biljon (voorsitter) by 071-609-7880, Jerry Erasmus (onder-voorsitter) by 082-228-7740 of Martin Venter (sekretaris) by 083-462-7215.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.