Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ruiterspan blitsig

Nicola Lategan, ’n gr. 11-leerling en nuut verkose leerlingraadslid van die Hoërskool Kroonstad (Bloues), het van 29 September tot 1 Oktober in Parys aan die Western Mounted Games se vlak sewe vir hoërskole in die Vrystaat deelgeneem.

Sy en haar perd, Blitzem, het skitterend in dié kampioenskap presteer.

Nicola is een van vyf ruiters en hul perde wat vir die nasionale junior meisie-perdryspan van die Suid-Afrikaanse Ruiterfederasie (SAEF) gekies is.

Tydens die kampioenskap in Parys het Nicola ’n tweede plek, twee derde plekke, vier vierde plekke en twee vyfde plekke verwerf.

Nicola word deur Simone van die Jente Equestrian Centre van die plaas Randjesspruit in die distrik afgerig.

Nicola se ouers, Anneke en Nico Lategan, ontsien geen moeite om Blitzem en Nicola by oefeninge en kampioenskappe te kry nie.

“Sy en Blitzem oefen vir een uur lank twee keer per week, maar het voor die nasionale kampioenskap drie dae per week intensiewe oefening op Randjesspruit ondergaan,” sê Anneke.

  • “Blitzem is nege jaar oud en is ’n Quarter-perd wat ons by ’n boer van Bothaville gekoop het,” sê sy. Simone het self ook die Suid-Afrikaanse vlak vier-span behaal; en so ook Marizelle Wille wat vir die laerskole vlak een gekwalifiseer het.

Uitslae vir dié twee ruiters word afgewag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.