Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
SAPD waarsku teen dié vroue

Twee onbekende vroue het in April juwele, selfone en waardevolle items uit huise in Kroonstad gesteel.

Hulle het toegang tot die huise gekry deur te vra om die toilet te gebruik.

Klagte van diefstal is by die polisie ingedien.

Die polisie het Kroonstadters gewaarsku om nie aan vreemdelinge toegang tot hul huise te verleen nie.

Huiswerkers moet ook hieroor ingelig word.

Dit gebeur ook dat vreemdelinge by ’n huis aanklop onder die voorwendsel dat hulle iets kom herstel.

In so ’n geval moet die huiswerker eers by die eienaar bevestig of daar wel herstelwerk te doen is.

Die polisie vra mense om op die uitkyk te wees vir dié twee vroue wat huiswerkers ’n rat voor die oë draai.

Bel die waarnemende bevelvoerder van die Kroonstad-speurtak, kapt. Sydelle Neuhoff, by 082-372-1436 of 086-001-0111.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.