Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Selfs afskeid gevaarlik

Wanneer jy ’n gesig by Covid-19 kan sit, weet jy dit is ’n werklikheid.

Wanneer mense wat jy ken aan dié siekte sterf, het die virus ’n gesig en ’n naam gekry.

Die virus wat stil-stil soos ’n sluipmoordenaar rondbeweeg, eis tans links en regs mense se lewe.

Oud en jonk word hierdeur getref. ’n Mens besef nou eers hoe dit werklik verwoesting kan saai.

Hartseergevolge van die omstandighede is dat vriende en families nie volgens tradisie van gestorwe geliefdes afskeid kan neem nie.

Begrafnisdienste word noodgedwonge onder vreemde omstandighede gereël en gehou, met beperkte bywoning.

Mense word gedwing om alleen te rou en het min of geen ondersteuning in dié vreemde tye nie.

Dit is bitter hartseer om te weet dat geliefdes sonder ’n behoorlike afskeid die hiernamaals in is.

Dit is egter waar dat, as ons nie ag slaan op die veiligheid van ander nie, die sluipmoordenaar dalk ook op sulke geleenthede sy opwagting kan maak.

Dit is ’n magtige speletjie tussen lewe en dood wat die virus nie omgee om te speel nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.