Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sendingveld roep slimme

Die slimkop Lumé van der Merwe, ’n plaasmeisie van Koppies, sê watter beroep sy ook al kies, dit sal as platform dien om God se Woord te versprei.

Lumé, wat met agt onder­skeidings spog, was ’n koshuis­leerling aan die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad.

Sy oorweeg dit om onderwys of medies te studeer en beoog om in die Midde-Ooste sendingwerk te gaan doen en om sodoende ’n beroep te volg wat haar gaan help om sendingwerk te doen.

Sy het onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, wetenskap, biologie, lewensoriën­tering, rekeningkunde en rekenaartoepassingstegnologie behaal.

Omdat sy vanjaar eers ’n paar aanlyn kursusse in sendingwerk wil afhandel voordat sy besluit watter studierigting sy wil volg, het sy nog nie aansoek gedoen om by ’n universiteit te studeer nie.

“Jesus het my gered en daarom wil ek sy Woord versprei om ander ook te red.”

Oor haar onderskeidings sê sy dat sy hard gewerk het.

Lumé is lief vir die plaaslewe en hou daarvan om naweke op haar perd, Vos, te ry. Andersins ontspan sy saam met vriende.

Haar ouers, Lumar en Minlé, het ’n gemengde boerdery.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.