Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Seun sterk tuis aan

“Ek twyfel nie dat Jesus my kind aangeraak het en gesond gemaak het nie.”

Só sê Pieter Duminy, ’n boer van Viljoenskroon, nadat sy vierjarige seuntjie, Johan, Woensdag (02/10) uit die Netcare Sunninghill-hospitaal in Johannesburg ontslaan is. Hy is daar vir Guillain-Barré-sindroom behandel.

  • Johan het op Saterdag 14 September begin siek word en gesukkel om te loop. Hy is die volgende dag in Klerksdorp in die hospitaal opgeneem, waar sy toestand verswak het.

Op 18 September is hy na die hoësorgeenheid van die Netcare Sunninghill-hospitaal oorgeplaas.

Guillain-Barré-sindroom is op Vrydag 20 September by Johan diagnoseer.

“Dit was vir ons bitter sleg toe ons hoor Johan se een long het platgeval en hy sukkel om asem te haal,” sê Duminy. Johan was op suurstof en buisvoeding en het gesukkel om asem te haal.

“Die siekte val die senuweestelsel aan en hy kon nie die slym in sy longe uithoes nie. Hy kon letterlik in die slym versmoor het.”

Duminy sê Guillain-Barré-sindroom is nie noodwendig lewensbedreigend nie, maar die dokters wat Johan behandel het, sê dit is ’n wonderwerk hoe vinnig hy herstel het.

“Ons moet die Here die eer hiervoor gee en ook elke mens wat vir ons gebid het, bedank,” sê hy.

Yolandi Duminy, Johan se ma, sê Christene van oor die wêreld heen het vir Johan se genesing gebid.

Dit was vir ons ’n vreemde siektetoestand en dit maak dit nog erger, sê Duminy.

Vandat die siekte by hom diagnoseer is en hy die regte behandeling gekry het, het hy vinnig herstel.

Johan is Woensdag uit die hospitaal ontslaan nadat hy ’n week lank in die hoësorgeenheid en nog ’n paar dae in die algemene saal was.

Volgens Duminy kan dit mense met die sindroom van ses weke tot bykans twee jaar neem om ten volle te herstel.

Johan is ’n baie teruggetrokke en skaam kind wat mense nie maklik vertrou nie, sê sy pa.

Hy is ’n regte plaasseuntjie en het toestemming gekry om sy geliefde knipmes by hom in die hospitaal te hou.

Johan is nou by die huis en sal gereeld fisioterapie moet kry om te verseker dat hy ten volle herstel.

Hy kan al regop staan, maar is nog te swak om te loop.

“Sy tweejarige boetie, Müller, het hom vreeslik gemis,” sê Duminy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.