Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sit voet in die hoek

Brullende hitsmotors (hot rods) het op Saterdag 2 Februarie petrolkoppe se tone van die lekkerte laat krul. tydens die amptelike opening van die seisoen.

Die Kroonstad Raceway-klub beskryf sy eerste byeenkoms van die jaar, wat op die Kroonstad-ovaalbaan plaasgevind het, as ’n reuse-sukses.

Klublede, ondersteuners en toeskouers wat die eerste van tien byeenkomste vir die jaar bygewoon het, kon aanskou hoe altesaam 24 renjaers van die klub in ses verskillende afdelings mekaar die stryd aansê.

Amanda Stolk, een van die klub se vyf vroue, is as die “Queen of the Ring” aangewys, terwyl Dannica Lubbe met ’n eerste plek, Elanie Hattingh met ’n tweede plek en Colené Aucamp met ’n derde plek spog.

In die ope klas was Eduan Nel eerste en Pieter Swanepoel tweede.

Dirk du Plessis het die 1600-afdeling gewen, terwyl Richard Watermeyer tweede en Zack Saaiman derde was.

In die 1660-afdeling was Willie du Plessis eerste, Brian Downs tweede en André van Niekerk derde.

In die 2,1 LT-afdeling was George Erasmus eerste, Nols van den Berg tweede en Ferdie Brink derde.

Herkie Aucamp was eerste in die Lexus V8-afdeling, en Herman Victor in die Heavy Metal-afdeling.

Pieter Swanepoel is as die dag se “King of the Ring” gekroon.

Op Saterdag 2 Maart sal een van die grootste byeenkomste van die jaar plaasvind.

Belangstellendes word genooi om die skouspel tussen die Kroonstad Raceway-klub en Randfontein te kom beleef.

Vermaak vir oud en jonk sal aangebied word. Bel Peter Wilson (voorsitter van die Kroonstad Raceway-klub) by 082-371-5321 vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.