Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skade ’n wekroep

Verskroeide aarde. Dít is hoe boere in die distrik die verwoestende brand wat Donderdag (06/09) oor 30 km duisende hektaar eiendom vernietig het, kan beskryf.

Burnie Staal en Mof Myburgh het ernstige brandwonde opgedoen en Mof moes na ’n Gautengse hospitaal oorgeplaas word.

Dawid Steenkamp is ernstig in ’n afsonderlike brand beseer en is in die Netcare Kroon-hospitaal behandel.

’n Riem onder die hart is die manier hoe honderde boere en hul werkers sonder om te skroom met bakkies en brandbestrydings­toerusting van so ver soos Bothaville gekom het om die brand te help blus.

Só staan ’n gemeenskap saam.

Berigte is ontvang dat inwoners van die dorp ook gehelp het om water aan te ry en brande te blus.

Ondanks twee groot paaie, landerye en brandbane, het die magtige vuur op ’n verwoestingstog vanaf die Valsrivier tot by die Bothaville-pad gewoed.

Een ding staan soos ’n paal bo water: Dit is uiters noodsaaklik om brandbestrydingstoerusting in stand te hou en dit gereeld na te gaan.

Om ’n brandbestrydingskursus en ’n basiese noodhulpkursus te voltooi, tel pluspunte in ’n krisissituasie.

Spoedige beterskap word die boere toegewens en die hoop word uitgespreek dat die lentereën gou sal uitsak om weiding te help herstel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.