Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skeie klap op nasionale byeenkoms

Die nasionale junior jukskei­kampioenskapsbyeenkoms is in Desember op Jukskeipark in Kroonstad gehou.

Spelers van altesaam 13 distrikte het deelgeneem, en ook agt spanne van Namibië en een van Lesotho (wat vir die eerste keer deelgeneem het).

Die sewe Noord-Vrystaatse spanne het goed gevaar:

  • Die o.13-meisiespan sluit Lohane Baumgarten, Quenesa Galeboi, Charne Smalberger (kaptein), Cheree Nel en Lucia Kgnothi in, en word deur Annamarie Schoonraad afgerig.

Die span het ’n vyfde plek in sy kategorie behaal.

  • Die o.13-seunspan sluit Danie Schoonraad, Rigard van Zyl, Lukas Bezuidenhout, Pule Khomongoe (kaptein) en Vincent Strydom in, en word deur Gerhard du Preez afgerig.

Die span het ’n derde plek in sy kategorie behaal.

  • Die o.16-meisiespan bestaan uit Leandri Bezuidenhout, Marichane Hendriks, Marlien Smalberger (kaptein), Karla van der Westhuizen en Nicole Nel en word afgerig deur Jorinda Swanepoel.

Die span het ’n vyfde plek in sy kategorie behaal en brons in die Suid-Afrikaanse (SA) provinsiale kampioenskap verwerf.

  • Die o.16-A1-seunspan is Sello Tshabalala, Teboho Mokhobo, Justin de Meyer, Moswatsi Galeboi (kaptein) en Bongani Koatla, en word deur Alewyn Smit afgerig.

Die span het ’n vierde plek in sy kategorie behaal.

  • Die o.16-A2-seunspan is Sydney Hlalele, Nkosana Tjama, Johan van der Walt en Dirk Heydenrych (kaptein), en word deur Thabo Molefi afgerig.

In die SA provinsiale kampioenskap het hulle brons verwerf.

  • Die o.19-meisiespan sluit Sune Grobler, Tyla Boshoff, Ju-marie Swanepoel (kaptein), Su-ane Baumgarten en Asanele Sikele in, en word deur Marietjie Herbst afgerig.

Die span het ’n tweede plek in sy kategorie behaal en goud in die SA provinsiale kampioenskap verwerf.

  • Die o.19-seunspan sluit Sebatli Ramoetsoe, Eben Bezuidenhout, Ruben de Meyer, Jabuliso Koatla (kaptein) en Tshepo Seekue in, en word deur Petrus Moopi afgerig.

Die span het ’n vierde plek in sy kategorie behaal en in die SA provinsiale kampioenskap ’n vyfde plek verwerf.

Presteerders

  • Die akademie-span is Nikkie Muti, Ynez Pretorius (kaptein), Cola Muti en Nicolene Norval, en word deur Marlize Bezuidenhout afgerig.
  • Uitblinkers in die o.13-spanne is Charne Smalberger, Danie Schoonraad en Pule Khomongoe.
  • Die volgende spelers het nasionale kleure verwerf:

SA-A o.19-meisiespan: Sune Grobler;

SA o.19-meisiespan: Su-ane Baumgarten;

SA-A o.16-seunspan:

Motswatsi Galeboi;

SA o.16-seunspan: Dirk Heydenrich; en akademiespan: Cola Muti.

Motswatsi en Dirk is in die nasionale o.16-toerspan wat in Mei na Namibië toer.

  • Die Noord-Vrystaat se hoofspanbestuurder is Mari van Zyl, met Hannelie Grobler en Dominic Mokhomo as spanbestuurders.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.