Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skool en onderwysers uitblinkers

Ses onderwysers aan die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad is op vanjaar se gelukwensings­geleentheid van die Vrystaatse Onderwysdepartement vir skole in die Fezile Dabi-distrik vereer.

Hulle het eerbewyse ontvang vir uitstekende prestasie in hul vakgebiede in 2019.

Die skool is ook vir sy matriekuitslae vereer.

Wilneldi Olivier is eerste in die distrik vir rekenaartoepassings­tegnologie.

Juanita Kriel het die eerbewys as toponderwyser in rekening­kunde ontvang.

Suzelle Strydom het die eerste plek in gasvryheidstudie behaal.

Karen Hills is as die nommereen­onderwyser in fisiese wetenskap aangewys.

Liz Meets is as die nommereenonderwyser in die distrik aangewys vir wiskundige geletterdheid.

Hendré Kachelhoffer, skoolhoof, het die goue trofee vir die skool se 2019-matriekuitslae in ontvangs geneem. Die skool spog met ’n 98,5%-matriekslaagsyfer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.