Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skool kry astronomiese voordeel

Die Hoërskool Kroonstad (Blouskool) se nuwe hokkie-astro, ’n eerste vir die Fezile Dabi-streek, sal teen einde Mei voltooi wees.

Dié baan sal aan internasionale vereistes voldoen en ook aan dié van die Federasie vir Internasionale Hokkie (FIH), met ’n nasionale klas 1-klassifikasie.

Dit beteken dat sekere nasionale wedstryde in Kroonstad aangebied kan word.

’n Besluit van Hokkie Suid-Afrika, wat op Noord-Vrystaat-hokkie se jaarvergadering bevestig is, is dat alle liga-uitspeelwedstryde in die toekoms slegs op astro gespeel sal word.

Blouskool sal dus gerat wees en aan die vereistes voldoen.

“Ons is vreeslik opgewonde oor ons nuwe astro en hoewel ons reeds ná Mei die baan in gebruik sal neem, sal die amptelike opening aan die begin van Julie plaasvind,” sê Riaan Burger, Blouskool se bemarker.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.