Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skool wy baan in

Die droom van die Hoërskool Kroonstad (Blouskool) om sy eie hokkie-astrobaan te hê is uiteindelik bewaarheid. Dié week sal die Blouskool sy splinternuwe astrobaan amptelik in gebruik neem.

Daar was ’n groot behoefte in die Noord-Vrystaat aan ’n hokkie-astrobaan, wat die nuutste neiging in die hokkiewêreld is. Die baan is ontwerp om op peil te wees met die Internasionale Hokkiefederasie (FIH) se vereistes en sal ’n klassifikasie hê van nasionaal: klas 1. Dit beteken dat nasionale wedstryde op die baan aangebied kan word.

Buiten dat die baan aan internasionale klassifikasie voldoen, het Hokkie Suid-Afrika op Noord-Vrystaat Hokkie se jaarvergadering bevestig dat alle liga-uitspeelwedstryde in die toekoms slegs op astrobane gespeel mag word.

Dit is bykans onmoontlik vir hokkiespelers om op ’n grasbaan te oefen en dan mee te ding op ’n astrobaan, derhalwe die behoefte in die Noord-Vrystaat aan dié soort baan.

Buiten dat die Blouskool se hokkiespelers voordeel sal trek om hul spel te verbeter is die baan ook ’n ekonomiese inspuiting vir Kroonstad. Hokkietoernooie en -klinieke sal gereeld hier aangebied word, en sal dus besoekers trek.

“In die vakansie het ons ’n hokkiekliniek aangebied en kon aan die besoekers ’n deel van die Blouskool se plaaslewe bied met aktiwiteite soos perdry en kleilat gooi. Dus bied ons aan besoekers meer as net ’n gewone hokkiekliniek en ’n nuwe astrobaan,” sê Riaan Burger, die bemarker van die Blouskool.

Verskeie Noord-Vrystaatse skole neem van gister tot Vrydag (19/07) aan die openingstoernooi hier deel.

Die amptelike opening en oorhandiging van die hokkiebaan sal Vrydag (19/07) plaasvind. Saterdag (20/07) sal die Sentrale Volkskool ook sy jaarlikse hokkiedag op die baan aanbied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.