Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skoolsluiting ‘sal tragies wees’

Gemengde gevoelens heers oor besluitneming rondom die voort­setting van die skooljaar.

Vrydag (17/07) is die ouers van gr. 10-leerlinge aan die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) en die Hoërskool Kroonstad (Blouskool) ingelig dat die leerlinge nie Maandag hul skooljaar sou hervat nie.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, spartel al die afgelope twee weke met vakbonde en belanghebbendes oor ’n deurslag­gewende besluit rakende die 2020-skooljaar.

Sommige is van mening dat dit leerlinge se reg op onderrig sou skend as skole weer gesluit word, terwyl ander meen dat leerlinge, asook onderwysers en ander personeel, se veiligheid eerste gestel moet word.

Hoewel navorsing getoon het dat kinders jonger as 12 jaar bykans geen rol speel in die oordrag van die virus nie, bly dit vir ouers ’n vrees­aanjaende besluit.

“Die grootste ekonomiese skade is reeds aangerig. Dit is nou tyd dat alle skole, en veral kleuter- en laerskole, operasioneel moet wees, sodat ouers na hul werk kan terugkeer en kinders weer al die fisieke, emosionele en ander voordele van skoolgaan kan ervaar,” sê Leonard Welthagen, hoof van die Sentrale Volkskool in Kroonstad.

“Inperkingsmaatreëls het kinders in moeilike maatskaplike omstandighede gedompel, met toegang tot voedingskemas en maatskaplike dienste wat vir miljoene kinders skielik verlore was.”

“Ons moet begin rustig raak en besef dat die voordele wat kinders by skole kry, groter is as die byna weglaatbare risiko wat die korona­virus vir kleiner kinders inhou.

“Dit sal ’n tragiese dag wees as skole nou weer gesluit moet word.”

Welthagen lê egter klem daarop dat dit uiters noodsaaklik is vir skole om nou baie versigtig en verantwoordelik op te tree om sodoende die verspreiding van die virus te bekamp.

Teen druktyd was daar steeds geen deurslaggewende besluit geneem of uitspraak gelewer deur die regering of die departement van basiese onderwys oor die res van die skooljaar se verloop nie.

  • Lees meer op bl. 3.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.