Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skrif aan die muur

Interessante kennisgewingborde wat by verskeie rioollekke in Kroonstad opgerig is, het inwoners en die sosiale media aan die gons.

Die boodskap is “Die man verantwoordelik vir die k*k is die munisipale bestuurder,” en die munisipale bestuurder se naam en van, sy telefoonnommer en sy e-pos-adres is duidelik op die netjies gedrukte borde aangebring.

Die eerste kennisgewingbord is by die NG Moedergemeente in Cross-straat opgemerk, waar die riool al geruime tyd lank loop.

’n Anonieme persoon het ’n soortgelyke bordjie by bykans elke lek opgerig.

By navraag aan die Moqhaka-munisipaliteit oor die kennisgewing­borde, was hy onbewus van die gegons.

Die meerderheid van sosiale media-gebruikers, asook inwoners, het heerlik saamgesels en dit selfs as ’n goeie idee beskou. Sommige het weer gevoel dat dit te kras gestel is en ’n persoonlike aanval op die munisipale bestuurder was.

Dit is onbekend wie vir die kennisgewingborde verantwoordelik is.

Dat iemand só ver gaan om die boodskap te versprei oor hul misnoeë met hoe die dorp tans bestuur word, is net nog ’n bewys dat inwoners nou regtig genoeg gehad het van klagtes wat op dowe ore val.

Dit wil voorkom asof een van die rioollekke by ’n laerskool in die dorp wel herstel is.

Of die bordjie wat daar opgerig is, gehelp het, sal ’n mens nou nie weet nie.

Hopelik het die regte persone die kennisgewing opgemerk en word al die rioollekke spoedig herstel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.