Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Span hou aan fokus, wen liga

Die vreugdevure het hoog gebrand toe die Kroonstad-rugbyklub, soos verlede jaar, in die eindstryd van die Griffon Sandveld-liga koning gekraai het.

Dié span is amptelik as die algehele ligawenner vir die 2019-seisoen aangewys.

Kroonstad se span het met ’n eindtelling van 24 – 12 Donderdag (30/05) geseëvier toe hulle die span van die Hoopstad-rugbyklub op hul tuisveld geklop het.

Dié harde wedstryd het groot opwinding tot gevolg gehad toe die Hoopstad-manne binne die eerste vyf minute punte op die telbord geplaas het.

Dit het egter die Kroonstadters nie van stryk gebring nie.

Hulle het vinnig teruggeslaan met ’n drie agter die pale, wat verdoel is.

Die wedstryd is hoofsaaklik deur die manne van Kroonstad oorheers en die span van Hoopstad kon net nie die mas opkom nie.

“Die intensiteit waarmee Kroonstad in die eindwedstryd gespeel het, het beïndruk en die afrigtingspan is baie trots op die spelers.

“Die span het as ’n eenheid baie goed saam gespeel en elke speler was gefokus met een doel voor oë: om die beker weer huis toe te bring,” sê Chris Cornelissen, president van die klub.

Die afrigter, Jerry Erasmus, reken dat elke speler van die span honderd persent bygedra het tot die ongelooflike vertoning en oorwinning.

Die Kroonstadters het ’n puik rugbyseisoen ervaar en het agt uit die tien van hul ligawedstryde gewen.

Die tuisspan het slegs een wedstryd aan die begin van die ligaseisoen teen Hoopstad verloor.

  • Die Kroonstad-span moes ook punte deel omdat ’n wedstryd weens gure weer nie in April gespeel kon word nie. Puntemakers:

Drieë: Tiaan van Wyk (1), Andrè Coetzee (1) en Sticks du Plessis (1).

Doelskoppe: Bradley de Wet (3).

Strafskop: Bradley de Wet (1).

Die Kroonstad-rugbyklub bedank al hul getroue en lojale ondersteuners deur die seisoen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.